Tel Nommer: +27 21 988 1724 E-pos Adres: book.palms@gmail.com Straatadres: Plaas 17, Bottelary rd. N1, Brackenfell
Die Palms - Die Palms - Die Palms - Die Palms -

Die Palms Pub & Grill Fasiliteite

Restaurant

Die Palms Restaurant kan 'n maksimum van 50 mense akkomodeer en is geskik vir klein funksies soos Verjaarsdae, Troues, Dames oggende, 'n Ooievaars Partytjie of Kombuis Tee. Die Restaurant het twee Televisie Skerms en 'n Musiek sentrum vir sagte agtergrond musiek. Op versoek kan ons ook 'n klein verhoog verskaf.

Hoof Kroeg

Die Palms se Hoof Kroeg is oop vir die publiek vanaf 11h00 tot laat saans en ons kan ongelukkig geen besprekings aanvaar binne in die Hoof Kroeg gedeelte nie. Sitplek is beperk weens die groot volumes wat die Hoof Kroeg hanteer.

Deck

Die Palms se Deck kan 'n maksimum van 30 mense akkomodeer en is baie gewild, veral in die somer.

Die Deck grens aan die Restaurant maar is nie heeltemal privaat nie - gaste kan deel in die vermaak wat in die Rooi Tent plaasvind.

Coke Sambrele

Die area onder die Coke Sambrele is geleë naby aan die gras en is ideaal vir ouers wat 'n ogie wil hou oor die kleinspan in die speel area. Hierdie area is 'n Self bedien area.

Rooi Tent

Die Palms se Rooi Tent (Hoof Tent) is die gewildste area, veral oor naweke wanneer ons Kunstenaars het wat optree en Sport op die GROOT SKERM gewys word.

Die Rooi Tent is geleë langs die Hoof Kroeg en kan 'n maksimum van 114 mense akkomodeer. Ons aanvaar ongelukkig GEEN BESPREKINGS onder die Rooi Tent nie.

Lapa

Die Lapa is baie gewild vir Privaat funksies en kan 'n maksimum van 48 mense akkomodeer.

Dit is geleë aan die onderkant van die Hoof Kroeg en daar is genoeg plek om 'n vuur aan te steek vir 'n gesellige atmosfeer of om te braai. Ons beveel graag ons Braaipakke of die Spitbraai opsie aan vir hierdie area.

Onderste Tent

Die Onderste Tent is 'n ekstensie van die Rooi/Hoof Tent en kan 70 mense akkomodeer. Dit grens aan die grasperk en is geleë tussen die Ark en die Lapa..

Die Ark

Die Ark is 'n Grasdak Lapa wat dien as 'n tweede kroeg wanneer Die Palms besig is, of dit kan bespreek word vir Privaat Funksies. Die Ark kan 'n maksimum van 48 mense akkomodeer en het braai geriewe aan die buitekant van die Lapa,

Speelpark

Die Palms se Speelpark is verseker baie gewild onder die kleinspan. Dit is hier waar die kinders hulself kan besig hou vir ure! Hierdie area is ook baie gewild vir Kinderpartytjies - kontak ons gerus vir meer besonderhede!

Let asb. op dat kinders op EIE RISIKO van die Speelpark gebruik maak. Ouers moet te alle tye seker maak dat hul kinders veilig is.

Cuervo Tent

Die Cuervo Tent kan 50 mense akkomodeer en word slegs bespreek wanneer al die ander areas vol bespreek is.

Hierdie area is geleë naby die ingang en parkeer area en die publiek mag dalk 'n steurnis wees vir privaat funksies. Dit is egter ideaal vir inloop gaste wat rustig wil kuier op 'n besige dag by Die Palms.