Tel Nommer: +27 21 988 1724 E-pos Adres: book.palms@gmail.com Straatadres: Plaas 17, Bottelary rd. N1, Brackenfell
Die Palms - Die Palms - Die Palms - Die Palms -

Die Palms Pub & Grill Kidz

The Palms Pub & Grill is 'n kuierplek vir die hele familie. Daar is oorgenoeg speelplek vir die jongspan in 'n omheinde speelpark met 'n groot graspek.

Kinders van alle ouderdomme is welkom by Die Palms. Ouers kan hulself geniet terwyl die kleinspan baljaar in ons speelarea.

Ons speelarea is geleë op die gras en omhein vir die kinders se veiligheid. Daar is te alle tye 'n springkasteel of twee vir die kinders om hulself te geniet. Gedurende die somer het ons ook 'n Water Glybaan beskikbaar teen R20 per kind.

Ons het ook 'n spesiale spyskaart vir die kleiner mondjies.

Kinderpartytjies

Die Palms is ideaal vir kinderpartytjies! Kontak ons gerus vir pakette om jou kind se volgende verjaarsdag by Die Palms te kom vier!

Hier kan die jonspan hulself vir ure vermaak terwyl ma en pa in die restaurant sit, sport kyk op die groot skerm, ontspan op die dek of onder die tent of die lapa sit en na top kunstenaars luister.

Ons bied ook braai geriewe waar jy self kan kom braai met 'n verskeindenheid van braaipakke wat te koop is.
Ons restaurant bied 'n wye verskeidenheid kwaliteit disse aan teen baie bekostigbare pryse. 'n Kaggel in die middle van die restaurant sorg vir 'n heerlike warm atmosfeer gedurende die winter maande.

Jy kan ook jou verjaarsdag of kantoorfunksies hier kom hou met opsies van spitbraai, carvery, braai en nog vele meer.

Van Woensdae tot Saterdae bied ons elke aand top vermaak aan. Woensdae aande is dit Music Quiz, Donderdae aande Karaoke en Vrydae en Saterdae middae en aande tree van die Kaap en die Land se top kunstenaars op.

Alle belangrike sport gebeure word op die groot skerm uitgesaai en daar is nie 'n beter plek om samesyn en goeie gees te ervaar nie. The Palms Pub & Grill is die plek waar jy wil wees... Waar vriende en familie saam kuier en waar nuwe vriende gemaak word.
Die Palms Pub en Grill -